Wie is ons?

Ons webbladadres is: https://afrifin.co.za.

Wat is die doel van hierdie beleid?

Hierdie beleid het ten doel om enige besoeker aan die webtuiste van Afrifin.co.za of gebruiker van Afrifin.co.za se produkte en dienste in te lig oor Afrifin.co.za se beleid met betrekking tot die insameling, gebruik en openbaarmaking van enige persoonlike inligting wat versamel word wanneer u van die webtuiste gebruik maak en enige besluite wat met daardie data gepaard gaan.

Die term “platforms” verwys in die konteks van hierdie privaatheidsbeleid na al Afrifin.co.za se webblaaie, sosialemediarekeninge, kursusse en / of enige ander tegnologie of meganisme wat gebruik word om met ons te skakel. “Dienste” verwys na enige inhoud (op die webblad of elders) wat deur Afrifin.co.za geskep, aangebied, besit, bedryf of gehuisves word op enige van ons platforms.

Wat is ons beleid?

  1. Enige inligting wat deur gebruikers, besoekers of enige ander persone en / of instansies aan Afrifin.co.za verskaf word, mag deur ons gestoor word en gebruik word om dienste en produkte te ontwikkel. Hierdie inligting mag met die onderskeie Trustees, Direkteure en medewerkers van Afrifin.co.za gedeel word. Inligting wat versamel word sluit in (maar is nie beperk tot): name, vanne, e-posadresse, selnommers, geboortedatums, foto’s, woon- en/of posadresse, akademiese inligting, IP-addresse en meer. Hierdie inligting sal onder meer gebruik word vir kompetisies, registrasies, meningspeilings, produk- en/of diensontwikkeling, navorsing en meer. Die verbruiker stem hiermee toe dat enige inligting wat met Afrifin.co.za gedeel word onder die bepalings in hierdie ooreenkoms benut mag word.
  2. Die inligting wat versamel word, word as vertroulik hanteer. Afrifin.co.za sal waar toepaslik, of waar vooraf vasgestel is, erkenning aan bronne van inligting gee.
  3. Persoonlike inligting wat deur gebruikers of besoekers aan Afrifin.co.za verskaf is, kan met ‘n derdeparty-diensverskaffer gedeel word. Dit sal slegs geskied wanneer sodanige derdeparty-diensverskaffer ‘n vertroulikheidsooreenkoms teken wat die entiteit of individu onderhewig maak aan dieselfde bepalings as die waartoe Afrifin.co.za verbind is.
  4. Daar is geen beperking op die tydperk waarvoor Afrifin.co.za gebruikers en besoekers se inligting mag stoor nie.
  5. Afrifin.co.za maak gebruik van Google Analytics asook ander instansies en sagteware om verbruikerspatrone te versamel en te analiseer. Hierdie statistiek is die vertroulike eiendom van Afrifin.co.za.
  6. Afrifin.co.za mag inligiting om die volgende redes (alhoewel hierdie lys nie beperkend is nie) ook inwin en gebruik:
    • Om gebruikers en besoekers in kennis te stel van nuwe produkte en dienste.
    • Om gebruikers en besoekers in kennis te stel van veranderinge in bestaande produkte en dienste.
    • Om gebruikers en besoekers in kennis te stel van interaktiewe geleenthede / geleenthede waarvoor privaat inligting benodig word as inskrywing.
    • Om bepaalde afleidings te maak rakende vertroulike inligting of analises van die versamelde inligting.
    • Om die gebruik van die platform, produkte en dienste te monitor.
    • Om tegniese probleme te identifiseer en reg te stel.
    • Om terugvoer met betrekking tot die gebruik van die webblad, produkte of dienste aan te vra.
    • Om terugvoer te gee aan enigeen wat interaksie het op een van die platforms van Afrifin.co.za.
    • Om nuusbriewe uit te stuur.
    • Om terugvoer aan te vra indien ‘n ander gebruiker of besoeker dit vereis.
  7. Afrifin.co.za bevat skakels na en vanaf webtuistes, mobiele toepassings en/of dienste van derdepartye. Deur op hierdie skakels te klik, of hierdie konneksies te aktiveer, kan derdepartye toegelaat word om inligting oor ‘n persoon te versamel en te deel. Let asseblief daarop dat hierdie derdepartye nie deur ons geëvalueer is nie, ons geen beheer oor hierdie derdepartye het nie en nie verantwoordelik is vir die privaatheidspraktyke van sodanige ander partye wanneer u die Afrifin.co.za-platform verlaat nie. Ons beveel aan dat u die privaatheidsverklarings lees van elke webblad wat u besoek en wat persoonlike inligting versamel.
  8. Besoekers en gebruikers van Afrifin.co.za sal afgesien van die ander bepalings en voorwaardes hier aangedui, slegs aan derdepartye verskaf word indien ‘n lasbrief deur die hof tot die effek hiervan uitgereik is.
  9. Afrifin.co.za behou die reg om hierdie privaatheidsbeleid op enige gegewe oomblik op te dateer of te wysig. Wysigings van die beleid is effektief wanneer dit op die webblad geplaas word. U word daarom vermaan om gereeld hierdie beleid na te gaan en u te verwittig van enige wysigings. Afrifin.co.za is onder geen verpligting om u in kennis te stel van wysigings aan die privaatheidsbeleid nie.
  10. Indien ‘n besoeker of gebruiker van Afrifin.co.za op enige tydstip hul eie persoonlike inligting wil verwyder, kan dit gedoen word deur direk met Afrifin.co.za kontak te maak